Saam (432 Hz)

by Casper Ace

/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Classic jewel case with photo inlay, booklet containing lyrics, credits and artwork by Rikus Ferreira.

    Includes unlimited streaming of Saam (432 Hz) via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 3 days
    6 remaining
    Purchasable with gift card

      €8 EUR or more 

     

1.
jy slaan die straat en jy kan net raai / maar, jy’t geen idee hoe hierdie pad kan draai / sy kronkel voor jou soos ‘n flooze / voor jy dit weet sing jy die blues in ‘n oogwink kan jy als verloor / so wanneer jy dit kry bly op die spoor / wat die toekoms hou kan net jy raai / geluk lê somtyds om die draai velcro-arms, teflon-hart / jy’s rigtingloos in die eikestad / waar liefde wink in vreemde oë / van vêraf stede in die noorde / of waar ookal my hart wil dwaal / lei alle paaie terug na jou, ou dorp / jy kan my hart maar hou uit óf tuis? dis lekker by die huis / maar, daar’s warm aksie saam met koos kombuis / en die backing band het baie soul / ons kan almal dans op die rock’n’roll velcro-arms, teflon-hart / jy’s rigtingloos in die eikestad / waar liefde wink in vreemde oë / van vêraf stede in die noorde / of waar ookal my hart wil dwaal / lei alle paaie terug na jou, ou dorp / jy kan my hart maar hou velcro-arms, teflon-hart / jy’s rigtingloos in die eikestad / waar liefde wink in vreemde oë / van vêraf stede in die noorde / of waar ookal my hart wil dwaal / lei alle paaie terug na jou, ou dorp / jy kan my hart maar hou / jy kan my hart maar hou
2.
Draalnoot 04:36
tyd stap aan, die lewe lag / en daar’s ‘n kettingwinkel wat die hele nag / jou hand vashou / elke gier wat die wind in waai / laat die laaste rande in jou sak omdraai / ons moet die vleis ontdooi dis nou die tyd om te onthou wat jy begeer / want dis ‘n eindelose pad, niks kan jou keer / dis net ‘n draalnoot vir ‘n janfiskaal / net ‘n draalnoot vir ‘n janfiskaal / ‘n draalnoot, vir ‘n janfiskaal / draalnoot jy soek die aksie in die middernag / want die skelms werk nou al die hele dag / aan ‘n beter plan / elke kans wat die skurke kry / om ‘n prys te sit op dit wat jou bevry / hulle vat hom gou dis nou die tyd om te onthou wat jy begeer / want dis ‘n eindelose pad, niks kan jou keer / dis net ‘n draalnoot vir ‘n janfiskaal / net ‘n draalnoot vir ‘n janfiskaal / ‘n draalnoot, vir ‘n janfiskaal / draalnoot ek stuur nou maar my boodskap / ek mag jou dalk nooit weer sien / my tyd het aangebreek, my roeping / als is nou verseker… dis nou die tyd om te onthou wat ek begeer / want dis ‘n eindelose pad, niks kan my keer …net ‘n draalnoot vir ‘n janfiskaal / net ‘n draalnoot / draalnoot - geïnspireer deur die roman, ‘draalnoot vir ‘n janfiskaal’, deur henry jack cloete
3.
Saam 04:02
my storie van verlange / kom millennia al saam / opgeskryf in klei tablette / lê die doel van my bestaan / dis ‘n straf wat sê ek sal as slaaf / altyd ‘n meester dien / dis die vloek van goud wat sê: daar’s altyd kans om om te val vat my saam, o vat my saam / tot ons onder die reënboog staan / en maak my vry sodat ek kan sien / want hierdie god van goud wil ek nie meer dien in die myne van die noorde / sal ek al my dae verloor / ek’s verslaaf aan al jou woorde / dit sal my kinders ook nog toor / daar’s geen uitkoms, geen genesing / hierdie blindheid is volmaak / elke keer kies ek jou leuens / terwyl die waarheid in die skadu’s waak vat my saam, o vat my saam / tot ons onder die reënboog staan / en maak my vry sodat ek kan sien / hierdie god van goud wil ek nie meer dien vat my saam, o vat my saam / tot ons onder die reënboog staan / en maak my vry sodat ek kan sien / hierdie god van goud wil ek nie meer dien vat my saam, o vat my saam / tot ons onder die reënboog staan / en maak my vry sodat ek kan sien / hierdie god van goud wil ek nie meer dien
4.
Blou Planeet 03:37
so gaan ons die toekoms in / opsoek na nog ‘n planeet / daar vêr in die buiteruim / sodat ons net kan weet / dat wanneer hierdie een stukkend is / wanneer sy ophou bestaan / dat daar iewers ‘n plekkie is / waarheen ons kan gaan / ek weet die kanse is bitter skraal / miskien kry ons dit weer / net een ding gaan dit bepaal / en dan sal ons probeer solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop / solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop waar eenmaal nog lewe was / diep in die karoo / bly daar nou net slaggate oor / maar, dis hidrolies geboor… / die pragtige reënwoude / is almal ontboom / dis net plastiek en gemors / wat nou vloei in die stroom / van die arktiese sirkel / tot in die woestyn / laat die groot olieboor / alles wat goed is verdwyn solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop / solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop apokaliptiese visioen / jy maak my bang / ek wens jy kan my in vrede laat / wat het ons hier aangevang? solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop / solank daar net liefde is / dan bly daar nog hoop / dan kan ons die toekoms sien / al het ons dit verkoop / solank daar net liefde is…
5.
laatnag fliek jy’t my ysterhart gesmee / al my trane laat staan vir ‘n oomblik of twee / my ‘n visie laat sien, ‘n wêreld verbeel / perfek en volmaak, waar almal kon deel in my oomblik van helderheid kon ek vergewe / niks kwaad net lus vir die lewe / en dit reg gekry, want ek sukkel al lank / om die oorsaak van my kwaad vir eens te bedank as die wêreld perfek was en ek nog ‘n kind / sou ek almal vergewe en niemand verdink / en sê ‘dankie’ vir wat ek by elkeen kon leer / maar, daar’s nou niks meer kwaad in my hart nie / niks meer, niks meer dankie ma vir jou drukkies en saggies sing / vir ‘n kleinjong is dit net die beste begin / jou pragtige glimlag en speel op die mat / is die mooiste ervaring wat leef in my hart dankie pa, sagte mens, dat jy altyd daar was / om my kla aan te hoor oor my skool en my das / jy’t jou hand nooitie gelig, nie al het ek gesteel / en in al my jong dae het jy my nooitie verveel as die wêreld perfek was en ek nog ‘n kind / sou ek almal vergewe en niemand verdink / en sê ‘dankie’ vir wat ek by elkeen kon leer / maar, daar’s nou niks meer kwaad in my hart nie / niks meer, niks meer en die meisie met wie ek gedans het daai aand / jy’t my hart vasgehou in die palm van jou hand / en al het jy hom stukkend laat val op die grond / het ‘n pragtige roos toe gegroei uit die wond my beste skool vriend jy was rêrig my held / ek sou jou amper oral volg selfs tot op die slagveld / jy’t my werklik goed geken, my laat glo in myself / my gewys om ware goud uit menseharte te delf my varsity pêl, jy was meer as my peer / en die pressure het ek uitgevind maak eintlik te seer / jy’t die waarheid met bittersoet woorde vermom / die geheim goed bewaar en my altyd verstom as die wêreld perfek was en ek nog ‘n kind / sou ek almal vergewe en niemand verdink / en sê ‘dankie’ vir wat ek by elkeen kon leer / maar, daar’s nou niks meer kwaad in my hart nie / niks meer, niks meer
6.
‘n meeu vlieg oor die see / teen die weskus, dis waar ek wil wees / vêr weg van die stad se gejaag / en die dreun van die groot masjien / dis nou tyd om my droom te deel / met die een wat my ken en my hart goed verstaan / dis net jy / bring jou liefde en ons is vry wit en helder ligblou / daar’s ‘n huisie wat ons by die see kan bou / waar die branders breek teen die rotse / laat my sorge verdwyn en die son langer skyn / dis nou tyd om my droom te deel / met die een wat my ken en my hart goed verstaan / dis net jy / bring jou liefde en ons is vry dis net jy / bring jou liefde en ons is vry dis die groen van die riete wat groei in die vlei / dis die paddas se kwaak in die lug, dis die bye / wat soet heuning maak uit die oggend se blom / die belofte van somer wat altyd weer kom dis die see, dis die sand, as die wind saggies waai / dis die traan in jou oog wat jou hart wil verraai / dis ‘n meisie met son op haar lyf wat baljaar / in die branders, en iemand wat skaamteloos staar die gesig van die maan wat hier helder oordag / kom verskyn, sommer so, dis die wolke van bo / dis die reuk van die grond as die reën saggies val / dis die wind, dis die wind, dis die hemelse kind dis die dans in jou lyf wat my in jou laat glo / die verhaal in jou soen, die geheim in jou oë / dis die druppels wat val, dis ‘n groot waterval, ‘n groot waterval, ‘n groot waterval dis net jy / bring jou liefde en ons is vry
7.
die eerste beat is bittersweet in die oggend / jy volg die voetspoor voor, jou perd is opgesaal / na die koppie toe met ‘n sonkring wat jou uitdaag / jy neem en sluk daai ding en laat die angels jou bewaar / toe die eerste noot ontplof was jy daar gewees / en jy’t omgedraai en die lig gesien en donker oë gevrees katatonika, jou maanskynkind het my afgelaai / katatonika, het sy jou ook verraai? / luna, luna, luna, hey luna / daar’s ‘n reënboog wat jou dra / as jy loer na luna / loer na die maan / daar sal jy dit ook verstaan horlosie teen die muur, tyd stap aan-en-aan / en die bitter pil wat jou kleure vlek is veels te duur / goud… en mirre, jy wag nog steeds op die bitter punk / wat jou hart verraai, terwyl sy skoppelmaai… katatonika, jou maanskynkind het my afgelaai / katatonika, het sy jou ook verraai? / luna, luna, luna, hey luna / daar’s ‘n reënboog wat jou dra / as jy loer na luna / loer na die maan / daar sal jy dit ook verstaan katatonika, jou maanskynkind het my afgelaai / katatonika, het sy jou ook verraai? / luna, luna, luna, hey luna / daar’s ‘n reënboog wat jou dra / as jy loer na luna / loer na die maan / daar sal jy dit ook verstaan
8.
Dit Is 03:10
die nuwe wêreld orde is ook nou bekend / twee torings val, die hele wêreld staan orent / die terroriste het die hele ding beplan / vanuit ‘n grot in die woestyn, afghanistan… dis wat die massa media vir jou laat glo / dat jy in vrees moet leef, jou hande gooi na bo / en vra: “waar sal ons redding van die bose kom? / regering jy moet ons beskerm, ons is stom!” al die bewyse voor jou deur / jy moet verstaan, jy moet probeer / disinformasie, vals getuienis / wat maak dat jy die waarheid mis / dis als te veel, dit alles is, dit is! maar daar’s ‘n derde groot gebou, hy’t ook geval / offisiële storie meer as bietjie mal / die rommel hoop was veels te klein, die vliegtuig wrakke het verdwyn / osama sou moet boet en sommer ook hussein soldate word daar in afghanistan ontplooi / dis onregverdig dat die mense so moet bloei / die strategie is wapens bou en oorlog voer, irak se moer / die wêreld gas-en-olie mark word só beheer al die bewyse voor jou deur / jy moet verstaan, jy moet probeer / disinformasie, vals getuienis / wat maak dat jy die waarheid mis / dis als te veel, dit alles is, dit is! “ons volg net ons bevele van die president” / groot-korporasiekoalsisie- goewerment / geweld en haat wat oral groei, terwyl biljoene dollars vloei / die wêreld bank en cia kom jou bevry… maar derde wêreld skuld bly altyd onbetaal / die eerste wêreld het sy medemens gefaal / die ware skelms hou hul hande skoon / hul misdaad word so goed beloon / my kinders word in hierdie wêreld groot / jou kinders word in hierdie wêreld groot / ons kinders word in hierdie wêreld groot al die bewyse voor jou deur / jy moet verstaan, jy moet probeer / disinformasie, vals getuienis / wat maak dat jy die waarheid mis / dis als te veel, dit alles is, dit is! dis hierdie politiek van vrees / wat wêreld media oorheers / disinformasie, vals getuienis / wat maak dat jy die waarheid mis / dis als te veel, dit alles is, dit is! - geïnspireer deur die outobiografiese werk, ‘confessions of an economic hitman’, deur john perkins
9.
Dans 02:58
soos die duisend sterre / en die maan wat oor ons waak / word almal alleen gebore / en dan soek ons maar ‘n maat die jagter in sy grot / word maklik uitgelok / hy droom oor avontuur / en wilde diere / ja, die vure brand al eeue lank / soos die fors wat om ons woed / die bloed wat in my are pomp / en die winde wat hou roep ek dans, dans, dans / met die wolwe in die nag / staan ‘n kans om seer te kry / my moed is op, maar ek lig my kop / en roep die nuwe dag / en iewers is daar een wat vir my wag die hart is ‘n snaakse fenomeen / voorspelbaar soos die weer / maar, wie kan weer verander? / as dit reën, dan gaan dit reën daar’s baie visse in die see / en dis lekker om te vang / en die game-oflove is ‘n lekker game / ek hoop jy speel ook saam ek dans, dans, dans / met die wolwe in die nag / staan ‘n kans om seer te kry / my moed is op, maar ek lig my kop / en roep die nuwe dag / en iewers is daar een wat vir my wag dans, dans, dans / met die wolwe in die nag / staan ‘n kans om seer te kry / my moed is op, maar ek lig my kop / en roep die nuwe dag / en iewers is daar een wat vir my wag
10.
Komplikasie 03:38
ek wou net weet, ek moes kon raai / die skrif is aan die muur / misterieus, hoe kan dit wees / hier’s rook, waar’s dan die vuur? dis nou net hoop wat my kan red / ek’s ewe skielik stom geslaan / ek wonder nou: is haar oë blou? / die voeltjies sing en dag breek aan aai-aai-aai wat het ons hier / tranedal óf middernag plesier? / is dit dalk liefde sonder komplikasie / of is dié heuning soet en duur? ek wou so graag haar hand vas hou / en suiker oor haar lippe strooi / ek wou so graag die toekoms weet / fortuin verteller, waar is jy nou? ek wil net weet waar pas ek in / maar alles is te deurmekaar / my palms sweet, my hande jeuk / my oë staan styf ek kan net staar aai-aai-aai, wat het ons hier / tranedal óf middernag plesier? / is dit dalk liefde sonder komplikasie / of is dié heuning soet en duur? (sê my nou, wat isit, liefde… óf, isit komplikasie?) aai-aai-aai, wat het ons hier / tranedal óf middernag plesier? / is dit dalk liefde sonder komplikasie / of is dié heuning soet en duur? aai-aai-aai, wat maak ek hier / opsoek na voetstoots middernag plesier? / is dit dalk liefde sonder komplikasie / of is dié heuning soet en duur? (sê my!) aai-aai-aai, wat het ons hier / tranedal óf middernag plesier? / is dit dalk liefde sonder komplikasie / of is dié heuning soet en duur?
11.
niks om oor te kla nie / ek het niks om weg te steek / maar, as ons hand-aan-hand loop / wonder ek en wil ek weet / waarom jy keer-opkeer / my hartomkeer? al daai komplikasie wat jy binne-in jou dra / dit kan jou hart net seer maak, dit kan jou kop net pla / werk van 8 tot 5 is nie wat jy like nie, maar dit betaal / vir fênsie klere, want jou lewe is net een groot maskerbal / dis waarom jy keer-opkeer my hartomkeer / keer-op-keer my hartomkeer jy gaan te vêr, verbeel jou jy’s ‘n stêr / jy bly verwoesting saai / en hou almal aan die raai / probeer jy almal om jou pinkie draai? / jy moet verstaan dis nou die laaste keer / dat jy my hartomkeer jy weet ek is maar ook geneig om maklik seer te kry / dis hoekom dit so erg is as jy raas en met my stry / jy ken geen ware liefde óf simpatie, jy ken net kla / hoe kan jou hart so koud wees? ek sal dit nooitie kan verstaan / waarom jy keer-op-keer my hartomkeer / keer-op-keer my hartomkeer jy mors my tyd, breek elke ding in sig / jou trane is ‘n klug / met vuiste is in die lug / probeer jy almal om jou pinkie draai / jy moet verstaan dis nou die laaste keer / dat jy my hartomkeer eendag, al is ek oud en grys, en moeg van die geraas / van al jou dapper woorde propvol warm lug geblaas / terwyl ek langsaam luister na hierdie lewe se klankbaan / sal ek nog sit en wonder en sal ek tog ooit verstaan / waarom jy keer-op-keer my hartomkeer? / keer-op-keer my hartomkeer / waarom jy keer-opkeer my hartomkeer? / keer-op-keer my hartomkeer ek word nou nie meer kwaad nie / ek gaan dit nie toelaat nie / as jy probeer om my hart om te keer / nee, ek gaan dit nie toelaat nie / niks meer seer of kwaad nie / dit kan my ook nie traak nie / dit maak nou nie meer saak nie / as jy probeer om my hart om te keer / as jy probeer om my hart om te keer
12.
en so het jy breed geglimlag deur die jare / en so het jy diepe spore loop en trap / jou rigtingwyser is gerig op vreugde / maar, die wyser sal nooit sy geheim verklap en oral waar jy swerf is dit dieselfde / elke stukkie vreugde, elke glimlag / het ‘n naklank in jou hart / pyn en smart, pyn en smart jy kyk nie maklik t’rug na die verlede / die toekoms lê in môre opgesluit / jou oë sak soos twee sonne oor die hede / jou hart verstaan die nou se ewigheid en oral waar jy swerf is dit dieselfde / elke stukkie vreugde, elke glimlag / het ‘n naklank in jou hart / pyn en smart, pyn en smart en elkeen wat die pad vat uit jou lewe / loop hul rieme styf, jy voer die rede / maar, as die stof gaan lê het / en die maan begin te skyn... het tyd verdwyn en oral waar jy swerf is dit dieselfde / elke stukkie vreugde, elke glimlag / het ‘n naklank in jou hart / pyn en smart, pyn en smart oral waar jy swerf is dit dieselfde / elke stukkie vreugde, elke glimlag / het ‘n naklank in jou hart / pyn en smart, pyn en smart

about

'saam' is the debut album of south african artist, casper ace.

four songs from the album (1, 6, 11 & 12) are playlisted on south african national radio, rsg, and feature on numerous afrikaans playlists.

the album has a predominantly rock sound accentuated by an eclectic mix of blues, latin jazz, reggae, country, ghoema, folk, surf rock and classic rock.

all instruments used on the original recording are tuned to a equals 432 hz. also known as verdi’s a, this was the music tuning standard prior to today’s standard tuning of a equals 440 hz. widely considered a tuning that makes music more pleasant to listen to, it is also said to have a positive influence on the mind and body due to its harmonious relationship with the natural world.

credits

released July 15, 2016

all lyrics & music written, arranged and produced by casper ace (published by casper ace music).
recorded, engineered & mixed by jürgen von wechmar at sunset recording studios, stellenbosch, south africa.

drums: tim rankin
bass: josh prinsloo (backing vocals on 2, 4, 5 & 9)
keyboards & backing vocals: melissa van der spuy (lead vocals on 6 & 11)
guitars & vocals: casper ace

additional musicians: maya spector - backing vocals on 1, 3 (vocal solo on “saam”), 7, 9, 10 & 11
carina bruwer-pugliese - flute on 1, 2 & 6
vincent “tutti” espi - violin on 1, 3 & 11
nielen prinsloo - banjo on 10 & 11

the delta horns on 7, 8, 9 & 10 are:
adriaan brand (leader) - trumpet
ceaghen lackay - trombone
ethan samuals - tenor saxophone

mastered by tim lengfeld at tlmastering, stellenbosch, south africa
photography by gerhard geldenhuys
design & illustration by rikus ferreira
a&r direction: tim honey & elizabeth galloway
℗ 2016 south africa © casper ace music productions
casperacemusic@gmail.com

license

all rights reserved

tags

about

Casper Ace South Africa

Casper Ace blends the sound of rock music with an eclectic mix of blues, latin jazz, reggae, country, folk and surf rock. Singing in Afrikaans (originally called “Cape Dutch” or “kitchen Dutch” - a language formed as a verbal medium by slaves and servants coming from extremely varied backgrounds) his lyrics draw inspiration from a wide range of sources. ... more

contact / help

Contact Casper Ace

Streaming and
Download help

Report this album or account

Casper Ace recommends:

If you like Casper Ace, you may also like: